Wednesday, 14 August 2013

Getuienis




Ek en Lise is al 9 jaar getroud.  Toe ons getroud is, het ek gese dat ons ten minste 5 jaar gaan wag voordat ons gaan begin met ‘n gesin. (seker maar die tipiese ouditeur in my wat dinge beplan en uitle)  In elk geval na 4 jaar van getroude lewe besluit ek en Lise dat die 5 jaar plan aangepas gaan word en dat ons met ‘n gesin kan begin. (vrouens het mos maar so manier om altyd by die beplanning te hou nie) 

Omen by daardie tyd het ons ‘n ISLS student gehuisves, Imraan van Pakistan.  As ‘n totsiens geskenk, het hy vir ons  Ps 37 – 4 gegee.  Dit was 31 Aug 2008.  Hy het ook aan ons genoem dat hy ons sien met ‘n seuntjie.  Ons was natuurlik baie bly, maar dit was nie vir ons ‘n groot verrassing nie, want ons verbly ons mos in die Heer en ons gaan mos met ‘n gesin begin.  Ons gaan kerk toe, woon sel by ens ens.  Middel Jan 2009 kom kuier my beste vriend en sy vrou (wat op daardie stadium nog nie heeltemal oortuig was of sy kinders wil he nie) by ons.  Hulle is swanger met hul 1ste kind.  Dit was dieselfde oggend wat ons ons eerste negatiewe swangerskap toets gekry het.  Maar ons is fine, want dit is nog nie lank wat ons probeer nie en ons is baie bly vir hulle!!

Dit was min of meer die storie vir die volgende 4 jaar!  Vriende dink net aan swanger word (en huil baie keer dat dit te vining gebeur het), dan is dit so.  Die vriend wat ek hierbo van praat het daarna ‘n tweeling gekry wat in Julie 3 was.  Wat was verkeerd  met ons!  Hoekom kanons nie swanger word nie.

Wel ons (ek) sal dit oorkom.  Tot op hierdie stadium van my lewe het ek nog als gekry wat ek wil he.  Natuurlik met harde werk, maar ek het dit gekry.  So ons sal maar na net na die volgende (duurder opsie van fertiliteitsbehandeling) oorbeweeg! 

Intussen het Ds Jan en Tannie Imelda by ons kom kuier en lekker by ons geeet en die aand is afgesluit deur Ds Jan wat vir ons skrif gee – Ps 37:4 Can you believe it!  Vol inspirasie gaan ons so ver om dit teen die spieel in ons slaapkamer te skryf, sodat ons dit elke dag kan sien, maar niks gebeur nie.  Die negatiewe toetse bly maar net aanhou kom en orals waar ons kom is iemand swanger!  So het ons maar aangekarring.

Gedurende hierdie tyd het ek ook baie wipplank by die werk gery.  Dan gaan dit goed, dan gaan dit sleg met baie stress wat natuurlik oorgedra word aan my arme vroutjie by die huis. Maar dit is wat ek nog altyd wou he – vandat ek in standerd 7 was het EK gese dat ek ‘n venoot in ‘n oudit firma gaan wees! En die geld was goed en ons moes van iewers die fertiliteits behandelings betaal! (om en by R25,000 per keer. Geen mediese fonds dekking) So, ons mission maar aan en druk maar deur die swakker tye by die werk – almal het dit mos.

Einde 2010 gebeur daar iets by die werk waarmee ek nie saamstem nie.  Ek kanbaie dinge hanteer en om iets werk, maar ek is nie bereid om my integriteit op te gee nie. Dit raak 1 van my kliente en ek se aan die vennote ek is nie bereid om dit te doen nie.  ‘n Opkomende vennoot word toe op die opdrag geplaas om dit te hanteer. Gelukkig is dit toe Des vakansie en ek dink ek gaan net rustig raak oor die vakansie, miskien het ek ‘n beter perspektief in die nuwe jaar. (dit is ook in hierdie tyd dat ek regtig begin moeite maak met stiltetyd) Ek praat natuurlik baie met Lise deur hierdie tyd en sy hou aan ondersteun.  Kom die nuwe jaar, niks verander nie.  Ek skeduleer toe ‘n vergadering met die senior vennote, waarin ek die situasie verduidelik en se dat ek gaan bedank.  Hulle is natuurlik geskok (nog net 1 keer van te vore het so iets gebeur in die geskiedenis van die firma  -  en daardie vennoot het ‘n baie goeie aanbieding van ‘n klient gekry)  Ek het nie geweet wat ek gaan doen nie.  Die vennote vra toe dat ek ‘n maand moet neem en weer herbesin.  Hulle wil ook individueel met my praat.  Die maand kom en die maand gaan en niks kom van die gesprekke nie.  Die oggend wat die maand verby is en ek my finale besluit moet deurgee sit ek in my kantoor en bid en vra die Here asb vir bevestiging dat ek die regte besluit geneem het.  Ds Braam Hannekom se dagstuk boekie was in my onderste laai en ek gaan maak dit oop by daardie betrokke dag se dagstukkie.  (ek het nie geweet wat dit gaan wees nie, want ek het nie eintlik die dagstukkies gevolg nie)  Maar dit was Gen 12: 1-2  Dit wat vir my bekend was, was my werk.  Daardie dag dien ek my finale bedanking in en gee my jaar kennis.

Twee maande later is ons swanger en natuurlik verheug. Ongelukkig is ons eerste seuntjie Ben op 8 weke  van swangerskap hemel toe.  Ek en Lise is teen die grond. Wat gaan aan! Ek is mos op die regte pad.  Soos altyd verwerk ek dit so vining as moontlik en beweeg aan.  Ons gaan net nog ‘n behandeling doen. Ten minste het ons nou swanger geraak.  En ek verdien nog my goeie salaris, so alles sal uitwerk.  Ons volgende sessie sal in elk geval goedkoper wees, want daar is embrios gevries van die vorige keer se prosedure.  Lise moet net eers bietjie rus en ‘n maand of 2 afvat (hormoon behandeling is nogal rof) maar dan gaan ons weer voort. 

Ons is weer swanger met die volgende terugplanting, maar die 2de toets is negatief. (na ‘n IVF doen hulle ‘n swangerskap toets en dan weer een 4 dae later om seker te maak dat selverdeling reg plaasvind)  Hierdie keer is die bietjie makliker om te hanteer en ons staan weer op.

So breek die laaste dag by my werk ook aan….  Ons het nog nie ‘n baba nie en die salaris gaan opdroog!  Dit is toe ook sendingnaweek en tyd dat ons weer ons belofte moet maak.  Hoeveel belowe jy as jy nie weet wat jy gaan verdien nie???  Ons hou die Here vas en belowe ‘n bedrag.




Lise is moeg vir al die behandeling en oorweeg al surrogaatskap.  (BTW behalwe vir polistiese ovariums is daar nie ‘n rede hoekom ons nie moet swanger raak nie)  Ek se toe kom ons probeer nog 1 keer met ‘n vars siklus.  Dws, Lise se eierselle word oorgestimuleer om eiers te produseer en word dan ‘ge-oes’.  My sperm word in ‘n proefbuis bygevoeg en hopelik vind bevrugting plaas.  Indien wel, word die embrio na 5 dae teruggeplant in Lise se baarmoeder.  En ons doen.  Maar die vragie – ons kort geld.  Wel nie kort nie, maar dit is nogal ‘n groot uitgawe as jy nie inkomste het nie en nie weet wanneer of hoe jy geld gaan verdien nie.  My nuwe beroep is in die finansiele beplanningsektore en een van die eerste dinge wat ek doen is om my eie verskering te hersien. Ek doen my navrosing en sien dat my huidige versekering bietjie duur is vir wat ek nodig het.  Die nodige aanpassing word gemaak en ek skuif my versekering na ‘n ander firma.  ‘n Maand later word R39,000 in my rekening inbetaal.  Van waar kom dit vandaan?  Op navraag word bevestig dat ek ‘n ‘rebate account’ opgebou het by die vorige versekeringsfirma en dat dit aan my betaal is toe ek die versekering gestop het.  Ongelooflik – die Here het voorsien.  Daardie geld is gebruik vir ons finale behandeling en die res is geskiedenis.  Simon is 9 maande later gebore uit die hand en wil van ons Vader!

Tydens bostaande gebeure het God met my gewerk en ons voorberei vir dit wat ouerskap regtig is. Dit is nie goed as ‘n ouer afwesig is in die lewe van sy kind nie. En dit is wat ek sou wees indien ek by my vorige werk gebly het. (die ure was lank – gemiddeld so 12 uur per dag) En dit is nie wat God vir my in gedagte gehad het nie. Die vreugde wat ek kan sien op Simon se gesig as ek by die huis kom is baie meer werd as al die geld in die wereld.  In vandag se wereld is dit belangrik dat die Pa in die huishouding weer die plek as koning en geestelike leier in die huis moet inneem.  Hy moet instaan vir sy familie by God en hulle aan Hom opdra om hulle te beskerm teen die uitdagings en versoekinge van die lewe.

Vandat ek vir myself werk, spandeer ek baie meer tyd in die teenwoordigheid van die Here.  Ek lees daagliks die Bybel en bid tot ons Vader.  Die seening in my (ons) lewens is ongelooflik en God seen my ongelooflik baie in my nuwe werk.  Ek staan aan die einde van elke maand verstom oor wat/ hoe God vir my en my gesin voorsien het in die vorige maand.  God het my regtig voorspoedig gemaak soos wat Hy in Gen 12 vir my beloof het.

Ons het toe die voorreg gehad om ‘selbyeenkomste’ by te woon wat deur Francois Visser aangebied is.  Ons behandel die beginsels/ leeringe van Christenskap wat  in Heb 6:1-3 voorkom.  Die 3de een handel oor die doop en toe Francois daarmee begin, kom die begeerte by my op om gedoop te word. Ek bespreek dit met Lise en 2 weke later is ons gedoop.  Dit was ‘n baie geseende gebeurtenis wat deur baie vriende in Christus bygewoon is.  En wat my opgeval het is die vriendelikheid wat hulle aan ons geopenbaar het. Ons is gelukgewens en welkom geheet.  God het by ons ‘n behoefte geskep om Sy woord te bestudeer en tyd te maak vir Hom en ek kan getuig dat dit ‘n wonderlike ervaring is en dat ek nie kan glo dat ek al die jare daarsonder kon klaarkom nie.

Ek sien regtig met groot verwagting uit na dit wat nog kom en met genade van bo sal ek dit ook aan ander verkondig!

Andre





Ek glo dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het en dat Hy ons verlosser Here is.Dis regtig‘n wonderlike belewenis om gedoop te word en 100% vir Hom te lewe.

Hy is altyd daar in goeie en slegte tye, ek sal dit vir enige iemand aanbeveel wat glo in Hom en 100% vir Hom wil lewe.

Die woord gaan oop vir jou en dis ‘n wonderlike belewenis.


Dankie

Marizaan



Visit our Facebook Page via this Link: www.facebook.com/Truelightnews



Contact Us:

Please send your emails, pics, testimonies and other relevant input via this Link. (Click on the word "link")

At the bottom of the post you can comment on that particular post by clicking on the yellow word "comments".





No comments:

Post a Comment