Ek
en Lise is al 9 jaar getroud. Toe ons
getroud is, het ek gese dat ons ten minste 5 jaar gaan wag voordat ons gaan
begin met ‘n gesin. (seker maar die tipiese ouditeur in my wat dinge beplan en
uitle) In elk geval na 4 jaar van
getroude lewe besluit ek en Lise dat die 5 jaar plan aangepas gaan word en dat
ons met ‘n gesin kan begin. (vrouens het mos maar so manier om altyd by die
beplanning te hou nie)
Dit
was min of meer die storie vir die volgende 4 jaar! Vriende dink net aan swanger word (en huil
baie keer dat dit te vining gebeur het), dan is dit so. Die vriend wat ek hierbo van praat het daarna
‘n tweeling gekry wat in Julie 3 was.
Wat was verkeerd met ons! Hoekom kan
ons nie swanger word nie.
Wel
ons (ek) sal dit oorkom. Tot op hierdie
stadium van my lewe het ek nog als gekry wat ek wil he. Natuurlik met harde werk, maar ek het dit
gekry. So ons sal maar na net na die
volgende (duurder opsie van fertiliteitsbehandeling) oorbeweeg!
Intussen
het Ds Jan en Tannie Imelda by ons kom kuier en lekker by ons geeet en die aand
is afgesluit deur Ds Jan wat vir ons skrif gee – Ps 37:4 Can you believe
it! Vol inspirasie gaan ons so ver om
dit teen die spieel in ons slaapkamer te skryf, sodat ons dit elke dag kan sien, maar niks
gebeur nie. Die negatiewe toetse bly
maar net aanhou kom en orals waar ons kom is iemand swanger! So het ons maar aangekarring.
Gedurende
hierdie tyd het ek ook baie wipplank by die werk gery. Dan gaan dit goed, dan gaan dit sleg met baie
stress wat natuurlik oorgedra word aan my arme vroutjie by die huis. Maar dit
is wat ek nog altyd wou he – vandat ek in standerd 7 was het EK gese dat ek ‘n
venoot in ‘n oudit firma gaan wees! En die geld was goed en ons moes van iewers
die fertiliteits behandelings betaal! (om en by R25,000 per keer. Geen mediese
fonds dekking) So, ons mission maar aan en druk maar deur die swakker tye by
die werk – almal het dit mos.
Einde
2010 gebeur daar iets by die werk waarmee ek nie saamstem nie. Ek kan
baie dinge hanteer en om iets werk, maar ek is nie bereid om my integriteit op
te gee nie. Dit raak 1 van my kliente en ek se aan die vennote ek is nie bereid
om dit te doen nie. ‘n Opkomende vennoot
word toe op die opdrag geplaas om dit te hanteer. Gelukkig is dit toe Des
vakansie en ek dink ek gaan net rustig raak oor die vakansie, miskien het ek ‘n
beter perspektief in die nuwe jaar. (dit is ook in hierdie tyd dat ek regtig
begin moeite maak met stiltetyd) Ek praat natuurlik baie met Lise deur hierdie
tyd en sy hou aan ondersteun. Kom die
nuwe jaar, niks verander nie. Ek
skeduleer toe ‘n vergadering met die senior vennote, waarin ek die situasie
verduidelik en se dat ek gaan bedank.
Hulle is natuurlik geskok (nog net 1 keer van te vore het so iets gebeur
in die geskiedenis van die firma - en daardie vennoot het ‘n baie goeie
aanbieding van ‘n klient gekry) Ek het
nie geweet wat ek gaan doen nie. Die
vennote vra toe dat ek ‘n maand moet neem en weer herbesin. Hulle wil ook individueel met my praat. Die maand kom en die maand gaan en niks kom
van die gesprekke nie. Die oggend wat
die maand verby is en ek my finale besluit moet deurgee sit ek in my kantoor en
bid en vra die Here asb vir bevestiging dat ek die regte besluit geneem het. Ds Braam Hannekom se dagstuk boekie was in my
onderste laai en ek gaan maak dit oop by daardie betrokke dag se
dagstukkie. (ek het nie geweet wat dit
gaan wees nie, want ek het nie eintlik die dagstukkies gevolg nie) Maar dit was Gen 12: 1-2 Dit wat vir my bekend was, was my werk. Daardie dag dien ek my finale bedanking in en
gee my jaar kennis.
Twee
maande later is ons swanger en natuurlik verheug. Ongelukkig is ons eerste
seuntjie Ben op 8 weke van swangerskap
hemel toe. Ek en Lise is teen die grond.
Wat gaan aan! Ek is mos op die regte pad.
Soos altyd verwerk ek dit so vining as moontlik en beweeg aan. Ons gaan net nog ‘n behandeling doen. Ten
minste het ons nou swanger geraak. En ek
verdien nog my goeie salaris, so alles sal uitwerk. Ons volgende sessie sal in elk geval
goedkoper wees, want daar is embrios gevries van die vorige keer se
prosedure. Lise moet net eers bietjie
rus en ‘n maand of 2 afvat (hormoon behandeling is nogal rof) maar dan gaan ons
weer voort.
Ons
is weer swanger met die volgende terugplanting, maar die 2de toets is negatief.
(na ‘n IVF doen hulle ‘n swangerskap toets en dan weer een 4 dae later om seker
te maak dat selverdeling reg plaasvind)
Hierdie keer is die bietjie makliker om te hanteer en ons staan weer op.
So
breek die laaste dag by my werk ook aan….
Ons het nog nie ‘n baba nie en die salaris gaan opdroog! Dit is toe ook sendingnaweek en tyd dat ons
weer ons belofte moet maak. Hoeveel
belowe jy as jy nie weet wat jy gaan verdien nie??? Ons hou die Here vas en belowe ‘n bedrag.
Lise
is moeg vir al die behandeling en oorweeg al surrogaatskap. (BTW behalwe vir polistiese ovariums is daar
nie ‘n rede hoekom ons nie moet swanger raak nie) Ek se toe kom ons probeer nog 1 keer met ‘n
vars siklus. Dws, Lise se eierselle word
oorgestimuleer om eiers te produseer en word dan ‘ge-oes’. My sperm word in ‘n proefbuis bygevoeg en
hopelik vind bevrugting plaas. Indien
wel, word die embrio na 5 dae teruggeplant in Lise se baarmoeder. En ons doen.
Maar die vragie – ons kort geld.
Wel nie kort nie, maar dit is nogal ‘n groot uitgawe as jy nie inkomste
het nie en nie weet wanneer of hoe jy geld gaan verdien nie. My nuwe beroep is in die finansiele
beplanningsektore en een van die eerste dinge wat ek doen is om my eie
verskering te hersien. Ek doen my navrosing en sien dat my huidige versekering
bietjie duur is vir wat ek nodig het.
Die nodige aanpassing word gemaak en ek skuif my versekering na ‘n ander
firma. ‘n Maand later word R39,000 in my
rekening inbetaal. Van waar kom dit
vandaan? Op navraag word bevestig dat ek
‘n ‘rebate account’ opgebou het by die vorige versekeringsfirma en dat dit aan
my betaal is toe ek die versekering gestop het.
Ongelooflik – die Here het voorsien.
Daardie geld is gebruik vir ons finale behandeling en die res is
geskiedenis. Simon is 9 maande later
gebore uit die hand en wil van ons Vader!
Tydens
bostaande gebeure het God met my gewerk en ons voorberei vir dit wat ouerskap
regtig is. Dit is nie goed as ‘n ouer afwesig is in die lewe van sy kind nie.
En dit is wat ek sou wees indien ek by my vorige werk gebly het. (die ure was
lank – gemiddeld so 12 uur per dag) En dit is nie wat God vir my in gedagte
gehad het nie. Die vreugde wat ek kan sien op Simon se gesig as ek by die huis
kom is baie meer werd as al die geld in die wereld. In vandag se wereld is dit belangrik dat die
Pa in die huishouding weer die plek as koning en geestelike leier in die huis
moet inneem. Hy moet instaan vir sy
familie by God en hulle aan Hom opdra om hulle te beskerm teen die uitdagings
en versoekinge van die lewe.
Vandat
ek vir myself werk, spandeer ek baie meer tyd in die teenwoordigheid van die
Here. Ek lees daagliks die Bybel en bid
tot ons Vader. Die seening in my (ons)
lewens is ongelooflik en God seen my ongelooflik baie in my nuwe werk. Ek staan aan die einde van elke maand verstom
oor wat/ hoe God vir my en my gesin voorsien het in die vorige maand. God het my regtig voorspoedig gemaak soos wat
Hy in Gen 12 vir my beloof het.
Ons
het toe die voorreg gehad om ‘selbyeenkomste’ by te woon wat deur Francois
Visser aangebied is. Ons behandel die
beginsels/ leeringe van Christenskap wat
in Heb 6:1-3 voorkom. Die 3de een
handel oor die doop en toe Francois daarmee begin, kom die begeerte by my op om
gedoop te word. Ek bespreek dit met Lise en 2 weke later is ons gedoop. Dit was ‘n baie geseende gebeurtenis wat deur
baie vriende in Christus bygewoon is. En
wat my opgeval het is die vriendelikheid wat hulle aan ons geopenbaar het. Ons
is gelukgewens en welkom geheet. God het
by ons ‘n behoefte geskep om Sy woord te bestudeer en tyd te maak vir Hom en ek
kan getuig dat dit ‘n wonderlike ervaring is en dat ek nie kan glo dat ek al
die jare daarsonder kon klaarkom nie.
Ek
sien regtig met groot verwagting uit na dit wat nog kom en met genade van bo
sal ek dit ook aan ander verkondig!
Andre
Ek glo dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het en dat Hy ons verlosser Here is.Dis regtig‘n wonderlike belewenis om gedoop te word en 100% vir Hom te lewe.
Hy is altyd daar in goeie en slegte tye, ek sal dit vir enige iemand aanbeveel wat glo in Hom en 100% vir Hom wil lewe.
Die woord gaan oop vir jou en dis ‘n wonderlike belewenis.
Dankie
Marizaan
Ek glo dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het en dat Hy ons verlosser Here is.Dis regtig‘n wonderlike belewenis om gedoop te word en 100% vir Hom te lewe.
Hy is altyd daar in goeie en slegte tye, ek sal dit vir enige iemand aanbeveel wat glo in Hom en 100% vir Hom wil lewe.
Die woord gaan oop vir jou en dis ‘n wonderlike belewenis.
Dankie
Marizaan
Visit our Facebook Page via
this Link: www.facebook.com/Truelightnews
Contact Us:
Please send your emails,
pics, testimonies and other relevant input via this Link. (Click on the word
"link")
At the bottom of the post you
can comment on that particular post by clicking on the yellow word
"comments".
No comments:
Post a Comment